Tygerberg Baptiste Kerk

'n Veilige Hawe vir die Siel

Heiligmaking

Tuisblad/Publikasies

Die Bybel gee baie praktiese riglyne vir ons as individue soos om beter besluite te maak wat geestelike groei bevorder wat tot 'n gelukkiger en vervulde lewe lei.

Hulp met Uitstellery

Daar is dalk ‘n onredelike hoeveelheid werk wat van ons verwag word en omdat ons nie heeltemal wil saamwerk nie, wil ons uitstel. Hierdie persoonlike getuienis sal jou oortuig, dat wat ookal die rede is, ons dit kan baasraak met God se hulp.

Hulp met Uitstellery Boekie
Hulp met Uitstellery.pdf (58.71KB)
Hulp met Uitstellery Boekie
Hulp met Uitstellery.pdf (58.71KB)


Hoe om goeie keuses te maak!

deur dr. Marc Blackwell sr.

Ons lewens bestaan uit ‘n reeks van besluite. Wanneer ons moet opstaan in die oggend en óf ons moet opstaan? Watter werksaanbod om te aanvaar? Wat reg is vir my om te doen of wat skadelik sal wees? Hoe kan ons weet of ons goeie en wyse besluite neem? Dit is ‘’n moeilike vraag omdat die keuses wat jy vandag maak, sal jou opsies en geleenthede in die toekoms beïnvloed. As jy goeie besluite neem en die regte keuses maak, sal dit tot verdere sukses lei. As jy slegte of verkeerde keuses maak, sal dit jou lewe negatief beïnvloed en jou opsies in die toekoms beperk. As Salomon sê: “Moenie jou mooiste jare verspil en jou beste jare aan ‘n hartelose mens gee nie.” (Spr. 5:9), dan moet ons leer om goeie besluite te neem.

Lees verder...

Wat om te doen as jy verslaaf is

Deur Jay Adams

Wat doen ‘n mens wanneer jy aan alkohol, dwelms of enige iets anders verslaaf is en alreeds alles probeer het om dit op te gee? Is daar geen genesing of uitkoms nie?

Daar is wel ‘n manier om genees te word en dit is die enigste manier… God se manier.

Wat om te doen met verslawing?
Wat om te doen met verslawing.pdf (53.61KB)
Wat om te doen met verslawing?
Wat om te doen met verslawing.pdf (53.61KB)


Gebruik die energie in woede om die probleem op te los

Deur pastoor Bill Goode, gewese Uitvoerende Direkteur van NANC
Onbeheersde woede is baie gevaarlik, want baie keer word dit as ‘n “aanvaarbare” sonde gesien. Uitlatings soos ... “Ek het alle reg gehad om...“, en “Jy moes gesien het wat sy aan my gedoen het...” word gereeld in Christen-huise gehoor.
Onbeheersde woede rig skade aan op baie maniere. As gevolg van onbeheersde woede vergeet die egpaar daardie spesiale oomblikke en onthou eerder die woorde wat ontstel en seermaak. Indien dit nie aangespreek word nie, kan ouers ook ideale wat hulle vir hul kinders stel, afskeep. Kommunikasie word bemoeilik, bedienings word belemmer en getuienisse word afgeskeep.

Nadat ons die Beradene gehelp het om te besef dat woede sonde is en dat dit so hanteer moet word, kan ons ses stappe volg om woede-energie konstruktief te gebruik om probleme en konflik op te los.

Lees verder...

 

Dienstye:

Sondae

10h15 - Oggenddiens

18h00 - Groeigroepe


Woensdae

19h00 - Aanddiens


Vrydae

Jeug en kinderpret elke 2de Vrydagaand (sien kalender)

Vinnige Webskakels